40 Daaglikse Oordenkings vir die LydenstydVoorbeeld
![40 Daily Devotionals for Lent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14435%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
God Praat deur sy Skepping
Weeklikse Oorsig:
Ek en jy het ‘n waardevolle geskenk ontvang — kommunikasie met God. Verlede week het ons geleer wat die proses behels om ons harte se grond sag en ontvanklik vir God te maak. Hierdie week leer ons oor verskillende maniere om sy Woord as saad te ontvang. Mag jou gemeenskap met God floreer namate jy gereeld met jou liefdevolle en teenwoordige hemelse Vader in gesprek bly.
Skrifgedeelte: “Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie” Romeine 1:20.
Oordenking:
Die natuur het die gawe om aan my vrede te bring soos niks anders nie. Natuurlik raak ek ook geïrriteerd deur goggas en word ek ook moeg van lang ente stap. Om egter die prag, kreatiwiteit en ingewikkeldheid te aanskou van dít wat God gemaak het, het 'n verreikende effek op my geestelike lewe gehad. Het jy al ooit net tyd in God se skepping deurgebring? Miskien op 'n staptog, of 'n dag op die strand, deur in die see of 'n dam te swem, vis te vang, uit te staar oor die Blyderivier wat deur valleie en heuwels kronkel, om tussen die berge deur te ry, om 'n donderstorm dop te hou of net in die reën te speel. Dink vir 'n oomblik terug aan daardie oomblikke en hoe dit jou laat voel het. Terwyl jy nou so terugdink, het jy dalk God se teenwoordig toe aangevoel? Het die ontsag en wonder van die natuur se skoonheid vir jou vrede gebring, of jou selfs aan God laat dink?
Hoe beter ek vir God leer ken, hoe meer bewondering en waardering het ek vir sy skepping ontwikkel. Romeine 1:20 sê dat: “Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie.” Die natuur is bedoel om aan ons die eienskappe van God te vertoon — “wat 'n mens nie met die oog kan sien nie.” Die Skrif is baie duidelik daaroor dat God in sy skepping aan die werk is — Hy hou alles in stand en sorg dat alles volgens sy plan verloop. Psalm 147:8-9, 15-18 brei daarop uit:
"Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit. Hy gee aan die diere hulle weiding en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu ... As Hy die aarde 'n bevel gee, word dit vinnig uitgevoer. Hy gee sneeu so wit soos wol, Hy strooi ryp uit soos as, Hy laat dit haelstene reën. Wie is bestand teen die koue wat Hy stuur? Maar op sy bevel smelt alles weer; as Hy die warm wind laat waai, dan loop die waters."
Wanneer jy diere sien wei, dan sien jy hoe God vir die aarde sorg en dan kan jy weet dat Hy ook vir jou sal sorg. Wanneer jy sneeu sien val, of ryp sien neerslaan en hoe die lente kom en al die koue mettertyd verdwyn, kan jy weet dat God in die omgewing om jou — en ook in jou lewe — aan die werk is. Om mis te kyk wat die natuur aan ons probeer oordra, beteken om 'n belangrike deel van God se stem te mis te loop.
Jy sien, alhoewel God met aangrypende sorg na die wêreld omsien, wat so vol van die gevolge van sonde is, beloof Hy om nóg beter na jou om te sien. Jesus beveel ons in Matteus 6:26-30:
"Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?"
Jesus leer ons om na die natuur te kyk en te luister wanneer dit aan ons God se sorgsame aard wil verkondig. Hy bevéél ons in der waarheid om dit te doen. Jy kan na die gras van die veld kyk en weet dat God se trou aan jou onwankelbaar is. Jy kan na die voëls kyk en nooit wonder waar jy nog 'n maaltyd sal kry nie. Die natuur verklaar aan ons dat God nog altyd vir ons gesorg het en dat Hy al die dae van ons lewens sal aanhou om vir ons te sorg. Die natuur vertel vir ons om nie bekommerd te wees nie, want God is beide magtig én naby. Die natuur vertel vir ons God is kunstig, prakties, briljant, liefdevol en vol geheimenis en wonder. Die natuur vertel vir ons dat God inderdaad met ons praat.
God het die heelal geskep sodat jy nog 'n manier het om sy stem te hoor — duidelik, maar ook in geheimenis gehul. Of jy nou in die stad of op die platteland woon, kyk na God se skepping en luister om sy stem te hoor. Vra vir Hom wat Hy by jou wil tuisbring terwyl jy die wonderwerke uit sy hand aanskou. Laat die prag en verborgenhede van God se hele skepping jou vervul met 'n diepe verlange om jou hemelse Vader te ken. Luister vandag na God en laat toe dat jou hart geroer word deur sy onwrikbare verlange om deur sy skepping met jou te praat.
Begeleide Gebed:
1. Staan tyd af om in God se skepping deur te bring.
2. Vra nou vir God wat Hy deur sy skepping vir jou op die hart wil druk. Laat Hom toe om met jou te praat op enige manier wat Hy begeer.
"Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie" Romeine 1:20.
3. Bepeins die waarheid wat Hy aan jou hart bekend maak en rus net vir 'n rukkie in sy teenwoordigheid.
As kinders van 'n alomteenwoordige, unieke God moet ons leer om sy misterie te verwelkom en te waardeer. God wil graag met jou deur sy skepping praat. Hy wil graag jou behoefte aan verwondering bevredig deur jou te laat dink oor die wonders en skoonheid van dít wat jy nooit ten volle sal kan begryp nie. Mag jy vandag die liefdevolle stem van die Vader hoor wanneer jy Hom toelaat om deur sy skepping met jou te praat.
Verdere Leeswerk: Psalm 19
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![40 Daily Devotionals for Lent](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14435%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan, wat verskaf is deur First15, is ontwerp om jou op jou reis deur die Lydenstyd te vergesel en jou te bemoedig terwyl jy tyd in die teenwoordigheid van God deurbring en Hom doelbewus oor die volgende 40 dae opsoek. Ons hoop dat jy hierdie bron van groot hulp sal vind!
More
Verwante Leesplanne
![Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24043%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd
!['n Sewe-dag Gids oor Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16086%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
'n Sewe-dag Gids oor Gebed
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17399%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag Kersfees
![Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)