40 Daaglikse Oordenkings vir die LydenstydVoorbeeld
Vriendskap met die Heilige Gees
Weeklikse Oorsig:
Ons wy hierdie week daaraan om ons toegeneentheid tot God na vore te bring deur ons denke te vernuwe. Jou denke is die deurgang na jou emosies. Dít wat jy dínk jou toegeneentheid waardig is, is dít wat jou denke uiteindelik sal ontvang. Dus, namate ons meer van God se oorweldigende goedheid begin verstaan, sal ons van nature ons harte vir Hom gee. Mag jy hierdie week geroer word deur die onvoorwaardelike liefde van jou hemelse Vader wanneer sy volmaakte karakter op groter, lewensveranderende maniere aan jou geopenbaar word.
Skrifgedeelte: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges” Romeine 8:26-27.
Oordenking:
Toe jy gered is, het God aan jou die gawe van Homself, die Gees van Christus, gegee om in jou te woon. Efesiërs 1:13-14 sê: “Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” Saam met die inwoning van die Heilige Gees, is vriendskap met God beskikbaar gestel — in meer diepte as wat jy jou kan voorstel. Hy verlang om as 'n vriend tyd met jou deur te bring. Hy wil hê dat jy moet weet hoe Hy voel, wat Hy dink die beste is en dat jy sy Vaderhart vir jou moet ken.
Die Skrif leer vir ons baie oor die karakter van die Gees. Handelinge 13:2 leer vir ons dat die Gees praat: “Toe hulle 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’” In Efesiërs 4:30 sien ons dat die Gees emosies soos hartseer ervaar: “En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.” Romeine 8:26-27 wys ons dat die Gees ons helper is en vir ons bid: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.” Vriendskap met die Gees is een van God se grootste gawes aan ons. Hy praat met ons, is emosioneel betrokke in ons lewens, help ons in ons swakheid en bid vir ons wanneer ons nie die woorde het nie.
God se liefde vir jou is só groot dat Hy sy Gees gestuur het om by jou te woon. Sy begeerte na 'n voortgesette verhouding met jou is só groot dat Hy, in sy genade, Homself aan jou geskenk het as 'n metgesel wat altyd by jou teenwoordig is. Nog 'n belangrike eienskap van die Gees is egter dat Hy nooit 'n verhouding op jou sal afdwing nie. Hy praat as jy luister, Hy gee aan jou 'n openbaring as jy jou denke oopstel om te ontvang en Hy lei jou as jy om sy leiding vra. Die Gees is gevul met ontsaglike krag, maar beskik ook oor matelose sagmoedigheid en nederigheid. Hy is beide magtig en bewys respek. As jy vra om 'n dieper vriendskap met die Heilige Gees, sal jy vind dat Hy die beste vriend is wat jy nog ooit gehad het.
Staan dan tyd af terwyl jy in begeleide gebed ingaan, om die Heilige Gees as 'n vriend te leer ken. In sy boek The Pursuit of God , skryf A.W. Tozer: “Godsdiens, as dit opreg is, is in sy wese die reaksie van God se geskapenes op Hom, die Skepper.” Die Heilige Gees het 'n persoonlikheid. Daar is dinge waarvan Hy hou en dinge waarvan Hy nie hou nie. Hy voel, dink, geniet, ly en begeer. Mag jy tydens jou gebedstyd gevul word met 'n verdieping van jou vriendskap met die Heilige Gees wat in jou woon.
Begeleide Gebed:
1. Vra die Heilige Gees om sy nabyheid aan jou te openbaar. Ruim tyd in om sy teenwoordigheid aan te voel.
“Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys” Efesiërs 1:13-14.
2. Dank die Gees vir wie Hy is. Dank Hom vir sy teenwoordigheid in jou lewe. Dank Hom vir sy begeerte om met jou te praat, jou te lei, jou te help en vir jou te bid.
“Toe hulle 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het’” Handelinge 13:2.
“Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges” Romeine 8:26-27.
3. Vra nou die Gees hoe Hy op die oomblik voel. Vra vir Hom oor sy siening van enigiets in jou lewe of die wêreld om jou. Luister en wees bedag op enige gesindheid wat jou op die hart gelê word. Skryf neer wat Hy sê.
Vriendskap met die Gees stem ooreen met enige ander vriendskap in die sin dat dit met verloop van tyd ontwikkel. Soos enige ander nuwe vriend, moet jy sy karakter en persoonlikheid leer ken. Bestee tyd daaraan om net met Hom te praat, na Hom te luister en Hom toe te laat om in jou hart en jou lewe te werk. Hy is 'n wonderbaarlike gawe wat aan jou gegee is. Hy is jou poort na 'n belewenis van God. Leef in 'n verhouding met Hom, volg sy leiding en maak van Hom jou nuwe beste vriend.
Verdere Leeswerk: Romeine 8
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, wat verskaf is deur First15, is ontwerp om jou op jou reis deur die Lydenstyd te vergesel en jou te bemoedig terwyl jy tyd in die teenwoordigheid van God deurbring en Hom doelbewus oor die volgende 40 dae opsoek. Ons hoop dat jy hierdie bron van groot hulp sal vind!
More