Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan JesusVoorbeeld
Ek Sal Sê Wat U Wil Hê Ek Moet Sê
Die steenbokkie-plakkaat herinner ons al vir baie jare dat “slegs jy kan veldbrande verhoed.” Die skade van net een vonkie kan ‘n pragtige woud in as verander en hele gemeenskappe vernietig. Die Skrif gebruik dieselfde woordeskat om na die vernietigende mag van ons woorde te verwys: “So is die tong maar ‘n klein liggaamsdeeltjie en tog het dit groot mag. ‘n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek!” (Jakobus 3:5).
Met die potensiaal vir soveel skade en ook die potensiaal vir soveel góéd wat deur ons woorde kan voortspruit, is dit belangrik om te sê wat Jesus wil hê ons moet sê en om nie net die waardes van ons kultuur na te volg nie. Ons wêreld is gevul met haatspraak, jaloesie, verdoeming en woede. Jesus gee die beginsel dat “wat die hart van vol is, loop die mond van oor.” Ons kan nie die waarheid vermy nie; ons spraak weerspieël wat diep in ons binneste is.
Hoe affekteer die feit dat ons Jesus volg dít wat ons elke dag sê en hoekom? Hy word beskryf as “die Woord het mens geword en onder ons kom woon” (Johannes 1:14). Hy is God se uiterste vorm van kommunikasie met sy skepping. En aan ons is gesê dat “genade en waarheid kom deur Jesus Christus.” Soos Hy deur ons lewe, kan van ons verwag word om te praat met beide genade en waarheid. Jesus se lewe is gekenmerk nie net deur liefdevolle en genadige woorde nie, maar deur woorde wat die waarheid omtrent Homself en die wêreld rondom Hom gereflekteer het.
In Handelinge 1:8 sê Jesus aan sy dissipels dat hulle die krag sal kry om sy getuies te wees wanneer die Heilige Gees oor hulle kom. Soos ons toegee aan sy beheer, vind ons dat ons ander oor Hom wil vertel. Dit beteken nie dat ons onbeskof of neerhalend teenoor ander sal wees, soos wat sommige vrees nie. In der waarheid is dit presies die teenoorgestelde: ons sal vriendelik en vol deernis wees terwyl ons ander vertel watter verskil Jesus in ons lewens maak.
Maar om te sê wat God wil hê ons moet sê, gaan nie net daaroor om ander van Jesus te vertel nie. Dit gaan daaroor om ons woorde so te gebruik wanneer ons met ander praat, dat ons met hulle praat soos Jesus dit sou doen: met die gesindheid van vriendelikheid en vergifnis, en deur ander te erken vir wie hulle is en wat hulle goed doen. Deur hierdie dinge te doen, seën ons hulle en moedig ons hulle aan op hulle geestelike reis.
Is daar iets wat jy moet verander in die manier hoe jy met iemand anders in jou lewe praat? Dink aan ten minste een persoon en hoe jy anders met die persoon sal praat met julle volgende interaksie.
Sal jy vandag sê wat God wil hê jy moet sê?
Aangaande hierdie leesplan
Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou. "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg.
More