Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan JesusVoorbeeld
In Die Krag Van Die Heilige Gees
Stel jou voor dat jy op die langste reis van jou lewe is, maar jy is alleen. Niemand om mee te praat nie, niemand om jou te help nie en niemand om dit saam met jou te geniet nie. Dit sal ‘n hartseer en ongelooflik moeilike reis wees. Ongelukkig leef baie Christene op hierdie wyse deur nie die krag en die gemak te ondervind wat deur die Heilige Gees belowe is nie. Vir alle praktiese doeleindes gaan baie op hulle reis asof Jesus nie by hulle is nie.
Gevolglik is ons geneig om ons reis op eie stoom aan te pak. Ons siklusse van toewyding en harder werk om meer soos Jesus te wees, eindig in teleurstelling. ‘n Lewe wat op hierdie wyse aan God oorgegee is, sal voel soos ‘n lewe wat verdoem is tot frustrasie en mislukking.
In Johannes 13-17 berei Jesus sy dissipels voor vir ‘n lewe sonder sy fisieke teenwoordigheid, nadat Hy vir drie jaar byna elke dag deel van hulle lewens was — iets wat ons vandag as sy volgelinge ervaar. Hy praat herhaaldelik met hulle oor die Heilige Gees. Die Gees sal in hulle woon en vir altyd met hulle wees. Hy noem die Heilge Gees die Gees van Waarheid, die helper, die een wat oor Jesus sal praat, die een wat hulle van sonde bewus sal maak en wat hulle in die waarheid sal lei.
In Johannes 15 gebruik Jesus die metafoor van die wingerd en die lote om dit te verduidelik. Hy noem hierdie daaglikse verbintenis om "in Hom te bly". Hy is die wingerd en ons is die lote. Ons moet in Hom bly, of ons tuiste by Hom maak, deur ons sonde te bely en dan met Hom te herkonnekteer, sy lewe en sy krag. Dit is moontlik omdat die Heilge Gees in ons woon. Sy lewe vloei deur ons as ons aan Hom verbind bly, soos die sap van die wingerd deur die lote vloei. Ons word nie op ons reis alleen gelaat nie.
Die krag van die Heilge Gees werk dan in ons om ons karakter te verander. Net soos lote, sal ons wanneer ons aan Jesus, die wingerd, gekonnekteer bly uiterlike vrugte dra wat in lyn met Jesus se lewe is. Ons fokus om in Hom te bly en die eienskap van die Christelike karakter, om vrug te dra, begin ontwikkel. Ons sal gefrustreerd raak as ons daarop fokus om te probeer om eksterne vrug te dra en vergeet om in Hom te bly.
Om baie vrug te dra, ook genoem volwassewording, neem tyd. Wees geduldig met jouself en met ander op jou reis — die vrug sal kom.
Sal jy vandag die krag van die Gees deur geloof opeis om so jou lewe met Jesus te vul?
Neem nou ‘n paar oomblikke om enige bewustelike sonde te bely en vra dan vir Jesus om jou lewe opnuut met sy Gees te vul.
Aangaande hierdie leesplan
Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou. "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg.
More