Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan JesusVoorbeeld

Go Do Say Give: The Freedom Of Surrender To Jesus

DAG 3 VAN 7

Ek Sal Gaan Waarheen U Wil Hê Ek Moet Gaan

Niemand hou daarvan om vasgeval te wees nie. Ons praat van slegte dinge wanneer ons in ‘n groef vasgeval is, of emosioneel deur ‘n slegte gebeurtenis vasgeval is. Om vasgeval te wees, beteken dat daar geen beweging of groei plaasvind nie. Dit is geestelik ook waar. En laat ons maar eerlik wees: ons almal voel een of ander tyd op ons geestelike reis, asof ons vasgeval het. Die goeie nuus is dat Jesus besig is om ons iewers heen te neem; deur Hom te volg is 'n bewustelike keuse om te gaan waarheen Hy wil hê ons moet gaan en dit sal ons daarvan weerhou om vas te val, solank as wat ons na Hom luister. 

Dit is wat Abram in Genesis 12 gedoen het. Terwyl hy in sy tuisdorp “vasgeval” was, het God Abram beveel om op ‘n ongelooflike reis te gaan. Hy moes sy land en sy familie verlaat en na ‘n land gaan wat God aan hom sou wys. Deur Abram se geloofsdaad is ‘n nuwe volk tot stand gebring, ‘n volk wat God sou eer en waaruit die Messias gebore sou word om verlossing vir die hele mensdom te bring. 

Hebreërs 11:8 vertel vir ons dat Abram aan God gehoorsaam was en “hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.” Hy wys aan ons dat om te gaan waar God ons wil hê, uiteindelik ‘n daad van geloof is — in vertroue op die goedheid en sowereine plan van God vir ons lewens. Wanneer geloof nodig is, is daar risiko en soms vrees, omdat ons nie weet wat alles op ons wag nie. Die keuse om te gaan, is die keuse om vrees in die oë te kyk.

Aan die einde van sy aardse bediening, gee Jesus aan sy dissipels die opdrag: “Gaan en maak dissipels van al die nasies…” (Matt. 28:19). In sy gebed in Johannes 17, sê Hy vir die Vader: “Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.” Deur te gaan waarheen Jesus wil hê ons moet gaan, sal onvermydelik lei tot die maak van dissipels, met ander woorde, mede-volgelinge van Jesus. Ongelukkig dink baie dat Jesus se bevel om "dissipels te maak" ‘n spesiale talent vereis, of dat dit ‘n professionele beroep in die bediening is. Maar daar is baie maniere om in die maak van dissipels betrokke te raak. 

Dit is ‘n daad vir elke volgeling van Jesus, net soos gasvryheid en om in gebed in te tree. Soos wat jy aan die Gees se beheer oor jou lewe toegee, sê vir Jesus dat jy sal gaan waarheen Hy jou op jou geestelike reis wil lei, insluitende die maak van dissipels. Laat Hom jou lei na wie Hy wil en jou wys hoe jy dit daagliks moet uitleef.

Sal jy vandag gaan waarheen God wil hê jy moet gaan?

Vra Hom wie jy vandag dalk kan beïnvloed om sy dissipel te word.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Go Do Say Give: The Freedom Of Surrender To Jesus

Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou.  "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg. 

More

Baie dankie aan Cru wat hierdie Leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.cru.org/us/en/pledge.html