Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan JesusVoorbeeld
Vir U Eer En Heerlikheid
As ons ons lewens aan Jesus oorgee, is dit nie ‘n eed van volmaaktheid nie; dit is ‘n stelling van samewerking. Dit is nie net een oomblik in ons lewe nie. Dit is ‘n heroriëntering en aansporing van ons harte om ons gedagtes, emosies en ons wil daagliks in lyn met sy plan en doel vir ons lewens te bring. Die lewe is ‘n reis in ‘n verhouding met Jesus, waar ons Hom elke tree van die weg volg. Ons ondervind ‘n lewe van vryheid en vrugbaarheid deur ‘n opeenvolging van individuele dae waarin ons Hom volg.
Om te leer om Jesus te volg, verg inspanning en oefening, net soos met enigiets nuuts wat mens aanleer. Deur elke dag met ‘n gebed van oorgawe te begin, is ‘n goeie manier om die hart ingestel te kry op God se wil. Dit is maklik om verlore te raak op ons geestelike reis — gedisoriënteerd oor waar ons is of hoe om weer op die regte pad te kom. Daar is verskeie redes waarom ons verlore of vasgeval kan raak en ons het ‘n eenvoudige manier nodig om op die regte pad terug te kom. Sommige mense wag dat dit gedurende die volgende kerkdiens of Bybelstudie sal gebeur. Somtyds verg dit ‘n krisis. Maar ons hoef nie te wag om op ons reis te herkalibreer nie.
Hier is ‘n daaglikse en eenvoudige manier om ons harte op die Here te rig. As jy ooit aan enige tipe sport deelgeneem het, weet jy dat elkeen sy eie "wegspring" of begin-posisie het. Dit is die primêre posisie om in te neem sodat die volgende aksie kan begin. Byvoorbeeld, in basketbal word die begin-posisie die trippel bedreigingsposisie genoem. Vanuit daardie posisie is dit vir jou moontlik om die bal aan te gee, te gooi of te dribbel. Kortliks, jy is gereed vir watter volgende aksie ook al die beste gaan wees.
Dink aan hierdie gebed as die begin-posisie vir jou daaglikse reis.. Dit is ‘n geestelike posisie van oorgawe tot watter aksie ook al volgende van jou verwag word — gaan, doen, sê of gee — wat Jesus ook al daardie dag van jou mag vra, afhangende van die krag van die Heilige Gees in jou, eerder as om net in jou eie krag harder te probeer.
Die gebed is ‘n eenvoudige manier om jou hart in lyn te bring met God se hart, met jou oë gefokus op Hom, jou voete gereed om Hom te volg en jou hande gereed om Hom te dien op watter manier Hy jou ook al vandag mag lei.
As jy dit nog nie gedoen het nie, kan jy nou voor Jesus buig en sê dat jy jouself aan Hom oorgee, en dat jy deur die krag van die Heilige Gees sal gaan, doen, sê en gee tot sy eer en heerlikheid.
Maak dit van nou af ‘n daaglikse oefening van oorgawe aan Hom. Deel jou besluit met ‘n vriend en moedig hom of haar aan om dieselfde te doen.
Geluk met die voltooing van hierdie 7-dag reis wat jou in dieper oorgawe aan Jesus gelei het! As jy meer wil uitvind oor hierdie gebed en hoe jy in oorgawe aan Jesus kan wandel, is daar meer gedagtes in die boek, "Go Do Say Give", beskikbaar by http://crustore.org/go-do-say-give.html of gaan na my blog http://KeithBubalo.com
Aangaande hierdie leesplan
Oorgawe aan Jesus is ‘n lewensbepalende oomblik. Maar wat beteken hierdie besluit en hoe leef ons dit elke dag uit? Is dit slegs vir die groot besluite van die lewe, of vir uiters geestelike mense? Vrees, vorige mislukking en misverstande kan ons terughou. "Gaan-Doen-Sê-Gee" is ‘n belofte/gebed wat verduidelik hoe om die volgende stappe in jou geestelike reis te neem. Ondervind die vryheid wat kom as jy Jesus volg.
More