Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 8 VAN 25

Raak Rustig, Stel Jouself In en Wees Stil.

Kersfees kan om verskillende redes vir baie mense 'n moeilike tyd wees. Een rede is dat Kersfees nie altyd voldoen aan wat voorgehou word nie. Eintlik is dit selde so. Jy kan teleurgestel word. Baie mense wend hulle dan tot drank en dwelms, en selfdoodpogings neem geweldig toe gedurende hierdie tyd van die jaar.

Soms word Kersfees met 'n diepe droefheid geassosieer as gevolg van gesinsprobleme. Dalk is jou ouers geskei. Dalk het jou man of vrou jou verlaat. Verlede jaar was julle nog saam en hierdie jaar is jy alleen. Of dalk het jy 'n geliefde verloor. Verlede jaar was hulle nog daar, maar hierdie jaar is hulle nie. Daarin lê diepgewortelde pyn.

Terwyl party mense baie pret het met Kersfees, is daar ander wat pyn ervaar. Hulle moet weet dat die ware boodskap agter die feesvieringe die feit is dat God aarde toe gekom het, in 'n stal gebore is en dat Hy aan die kruis gesterf het vir die sonde van die wêreld. Dít is die boodskap wat ons nie uit die oog moet verloor nie. Hy is gebore om te sterf, sodat ons kan lewe. Hy is gekruisig, het gesterf en het weer opgestaan uit die dood, en nou staan Hy by die deure van ons lewens en klop.

Moenie Jesus se geboorte vier, maar Hom nie na sy eie partytjie toe uitnooi nie. Moet Hom nie uitsluit omdat jy so besig is en so baie dinge het om te doen nie. Maak die deur van jou lewe vir Hom oop en nooi Hom in.

Soms wonder jy dalk waar God in jou lewe is. Jy wonder of Hy jou verlaat het. Nee, Hy het nie. Hy is hier. Hy is Immanuel — God by ons. In die opwinding van die feestyd moet ons onthou om rustig te raak, onsself in te stel en stil te word in die wete dat Hy God is.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org