Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 12 VAN 25

Die Belangrike Boodskap van Kersfees

Hierdie tyd van die jaar sê ons: "Geseënde Kersfees". Deesdae sê ek eerder: "Lekker vakansietyd", maar ek doen dit nie om moeilikheid te soek nie. Ek wil eerder hoflik wees. Op stuk van sake is Kersfees nie vir almal 'n vrolike tyd nie. Vir iemand wat sy werk verloor het, is dit nie die wonderlikste tyd van die jaar nie, want so baie klem word op die materiële sy van Kersfees geplaas.

Daar is ook mense wat geliefdes verloor het. Ek is een van hulle en dit wat my altyd hierdie tyd van die jaar bly gemaak het, maak my nou hartseer. Die dinge wat altyd vreugde gebring het, bring nou hartseer, want dit bring herinneringe aan tye wat ons saam deurgebring het. Daarom is Kerstyd vir sommige mense baie moeilik.

Daar is baie wat hierdie tyd van die jaar bemoediging nodig het. Hulle het nie 'n Kersgeskenk nodig nie; hulle het Christus se teenwoordigheid nodig. Hulle moet herinner word waaroor hierdie tyd gaan. Dit gaan nie oor dinge nie. Dit gaan nie oor geskenke nie.

Daar is plek vir sulke dinge, maar ons moet die belangrike boodskap van Kersfees onthou — Immanuel, God is by ons. Vir die gebroke mens, die hartseer mens, die bedroefde mens, is dit die tyd om 'n geskenk van bemoediging te bring en te sê: "Die boodskap van Kersfees is: God sal by jou wees. God sal jou help. God sal jou versterk."

Wees op die uitkyk vir geleenthede om in hierdie tyd die liefde van God te deel, want dis 'n tyd wanneer ons meer geredelik met mekaar praat. Dis nou 'n gulde geleentheid vir jou om iemand te bemoedig wat sukkel. Wie het vandag jou bemoediging nodig?

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org