Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
'n Onverdiende Geskenk
Wie is hierdie Kersfees op jou geskenklysie? Gewoonlik gee ons geskenke aan familie en vriende. Ons wil geskenke koop vir mense vir wie ons liefhet en omgee. Ons is geneig om geskenke te gee vir mense wat ons goed behandel, mense wat vriendelik en bedagsaam teenoor ons is. Ons gee ook dikwels geskenke in ruil vir geskenke wat ons ontvang het. Party mense koop selfs geskenke vir hulle troeteldiere.
Ons koop egter nie gewoonlik geskenke vir ons vyande nie, nè? Ons gee nie 'n geskenk vir iemand wat ons die afgelope jaar beledig het nie. Ons gee nie 'n geskenk vir die kwaai buurman wat nooit 'n vriendelike woord te sê het nie. Ons gee nie 'n geskenk vir iemand wat ons besigheid skade berokken het nie. Ons stuur ook nie 'n geskenk aan die dief wat verlede maand ons motor se radio gesteel het nie.
Dink egter 'n bietjie hieroor: toe God vir Jesus Christus, sy Seun, as allergrootste geskenk gestuur het, was ons nog sy vyande. Die Bybel sê: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Romeine 5:8). Ons het geensins iets gedoen om hierdie geskenk te verdien, of om daarop aanspraak te maak nie. Wat ons inderwaarheid verdien, is oordeel, want ons almal het teen God gesondig. Ons het almal doelbewus daardie grens oorskry.
Die verstommende waarheid van Kersfees is dat God, ten spyte van ons sonde, sy Seun gestuur het om ons te red. In daardie kleine krip in Betlehem het Hy vir ons 'n onverdiende geskenk gegee.
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More