Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 14 VAN 25

Geen Plek in die Herberg nie

Deesdae, te danke aan moderne tegnologie, mis ons niks nie. Daar is selfone, stemboodskappe, TV, Explora en kamerafone.  Selfs al verhoed al hierdie dinge dat ons 'n oproep mis, kan hulle wel veroorsaak dat ons die werklike rede vir Kerstyd miskyk. 

Jy kan sien hoe Kersfees voor jou oë verdwyn as jy na die hoop gefrommelde geskenkpapier kyk en vir jouself sê: "Ek was so besig met inkopies, afsprake en dies meer, dat ek die hele doel van Kersfees gemis het."

Dis nogal verbasend om te weet dat die meerderheid mense ook die eerste Kersfees gemis het.  Mense het maar net soos gewoonlik voortgegaan en geen aandag gegee aan wat onder hulle neuse gebeur het nie. 

In Lukas 2 word ons bekendgestel aan 'n herbergier wat nie vir Kersfees tyd gehad het nie.  In hierdie bekende verhaal kom Josef en Maria by die herbergier op soek na 'n kamer, maar omdat sy herberg vol was, het hy hulle weggewys. 

Die enigste plek wat hy vir hierdie jong, verwagtende vrou en haar man gehad het, was 'n stal — 'n koue, donker, klam stal — wat heel moontlik 'n grot was.  Sy tyd was deur ander dinge as Kersfees in beslag geneem. 

Daar is deesdae nog steeds sulke mense in die wêreld.  Hulle verset hulle nie noodwendig teenoor God of haat Hom openlik nie.  Hulle tyd word bloot deur ander dinge in beslag geneem.  God en geestelike dinge is nie vir hulle van belang nie.  Hulle stel meer belang in dinge wat hulle fisieke behoeftes onmiddellik kan bevredig.  Die herbergier was ook té besig om vir die komende Messias plek in sy herberg te maak. 

Ek vra jou dus hierdie vraag: het jy hierdie Kersfees vir Jesus plek gemaak?  Indien nie, is daar nog steeds tyd om te herfokus om vandag, hierdie Kersfees, vir Christus plek te maak!

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org