Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 15 VAN 25

Ware Soekers

Die verhaal van Christus se geboorte is een van die Bybel se bekendste en mees geliefde verhale — en heel moontlik een wat die meeste mense al een of ander tyd gehoor het, al is hulle nie vertroud met die Bybel nie. 'n Verhaal wat ons ook gereeld elke Kersfees hoor, is van die wyse manne wat deur 'n ster gelei is tot by die plek waar die Koning gebore sou word.

Matteus se Evangelie vertel vir ons dat die wyse manne uit die Ooste gekom het (Matteus 2:1). Hierdie bedrewe sterrekundiges en sterrewiggelaars was hoog aangeskrewe en gerespekteerde manne in hulle samelewing en was veral bekend vir hulle vaardigheid om drome te kon uitlê.

As gevolg van hulle kennis van die wetenskap, wiskunde, geskiedenis en die bonatuurlike, het hulle godsdienstige en politieke invloed vermeerder, totdat hulle die mees vername en magtige groep raadgewers van die Mede en Persiese sowel as Babiloniese heerskappye geword het. Hulle was hoogwaardigheidsbekleërs en nie sommer net towenaars en waarsêers nie. Alhoewel hulle nie konings was nie, was hulle geweldig belangrike manne.

Ten spyte van al hulle kennis, het hierdie wyse manne nog nie die al antwoorde gekry wat hulle in die lewe gesoek het nie. Jy kan maar sê hulle was soekers. Ons weet hulle was ware soekers, want God het Homself op 'n spesiale manier aan hulle geopenbaar, toe die ster hulle na die plek gelei het waar hulle Jesus kon vind: "Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly" (Matteus 2:10). Hulle het toe hulle geskenke van goud, wierook en mirre aan Hom gegee.
God sê in Jeremia 29:13: "Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra." As jy dus ook 'n ware soeker is, as jy die ware God wil ken, sal Hy Homself ook aan jou openbaar.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org