Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Hoekom het Jesus Gekom?
Dit was 'n besige tyd van die jaar vir omtrent almal. Vir ons as Christene, was dit 'n vreugdevolle viering van Jesus se geboorte. Ons verwonder ons oor die feit dat God Homself verneder het om in 'n stal gebore te word. Hoekom het Hy egter gekom?
Eerstens het Jesus Christus gekom om die goeie nuus te verklaar aan dié wat sielsongelukkig is — om die goeie nuus aan ons te verkondig.
Hy het gekom om die gebrokenes van hart gesond te maak. Die mediese wetenskap het maniere gevind om pyn te verminder en selfs te verwyder. Daar is egter nie genesing vir 'n gebroke hart nie.
Jesus het gekom om mense vry te maak wat in sonde vasgevang is. Jesus het gekom om ons geestelike oë oop te maak vir ons geestelike behoeftes.
Hy het gekom om hulle te verhoog wat deur die lewe verpletter is. Hy het gekom om ons 'n oorvloedige lewe te gee. Jesus het gekom om ons van die fisieke, sintuiglike vlak na die geestelike vlak te verhoog; om ons te wys dat die lewe meer behels.
Hy het ons sy lewe kom gee. Jesus het gesê: "Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense" (Markus 10:45). Hy het gekom om te sterf. Jesus Christus het aarde toe gekom om dié te soek en te vind wat verlore is, net soos 'n skaapwagter na 'n verlore skaap sal soek.
Te midde van al hierdie bedrywighede, ritselende geskenkpapier en helder liggies, moet ons na die eintlike betekenis kyk. Kersfees het te doen met God wat sy Seun gestuur het om aan 'n kruis te sterf. Hy is gebore om te sterf, om ons 'n oorvloedige lewe te gee; een wat die moeite werd is.
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alles regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More