Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Het jy vir Jesus Uit die Oog Verloor?
By geleentheid, toe Jesus 12 jaar oud was, het Hy weggeraak. Maria en Josef het Hom uit die oog verloor en hulle het drie dae na Hom gesoek voor hulle Hom gevind het. Hulle was in Jerusalem vir die paasfees en op pad terug huis toe, kon hulle Hom nêrens vind nie. Wat so interessant is, is dat hulle 'n dag lank gereis het voor hulle Hom gemis het. Hulle het nie hulle liefde vir Hom of hulle geloof verloor nie. Hulle het Hom bloot verloor.
Kan dit met ons gebeur? Die antwoord is ja. Dit is moontlik om 'n uur, 'n dag, of selfs 'n week lank nie aan Jesus te dink nie. (Dis natuurlik net totdat daar 'n krisis is.) Dis die maklikste ding om tydens Kersfees te doen. Ons is so besig om die geboorte van Christus te vier, dat ons van Christus self vergeet. Dis die tyd in die jaar wanneer ons allerhande verantwoordelikhede het. God se enigste Seun kan vir ons 'n verlore Seun word.
Een manier waarop ons Jesus kan verloor, is wanneer die onbelangrike dinge die plek van belangrike dinge inneem. Ons het nie tyd om die Woord van God te lees nie. Ons het selfs nie tyd vir 'n kort gebed nie. Ons kan nie bekostig om enigiets vir God te gee nie, want ons het nog so baie dinge om te koop. Ons laat toe dat onbelangrike dinge die plek van belangrike dinge inneem.
Wanneer ek iets verloor, gaan ek terug op my spoor. Waar het ek dit laas gehad? Ek gaan terug na daardie plek toe, en dikwels vind ek dit daar.
As jy agterkom dat jy Jesus in jou besige lewe verloor het, moet jy teruggaan na waar jy voorheen was. Die goeie nuus is dat Jesus ons nooit uit die oog verloor nie, al verloor ons Hom uit die oog.
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More