Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Hoekom die Maagdelike Geboorte van Jesus?
Larry King het eenkeer gesê dat, as hy een persoon uit die geskiedenis kon kies om 'n onderhoud mee te voer, sou dit Jesus Christus wees. King het gesê dat hy Jesus graag sou wou vra of Hy wel "maagdelik gebore is." Hy het bygevoeg: "Die antwoord op daardie vraag sal die geskiedenis vir my bepaal." Larry King het verstaan dat die maagdelike geboorte iets belangriks is.
As jy 'n Christen is wat in die Bybel glo, kan jy nie as nietig afmaak wat die Skrif vir ons oor hierdie onderwerp leer nie. Ek sal dit graag verder wil voer en sê dat, as jy nie glo dat Jesus bonatuurlik in die baarmoeder van die maagd Maria verwek is nie, kan jy nie regtig 'n Christen wees nie.
Dit is 'n noodsaaklike deel van die Christelike leerstelling. Indien Christus nie deur die Heilige Gees in 'n maagd verwek is nie, as sy biologiese pa eintlik Josef was, was Hy maar net 'n sondaar. As Hy 'n sondaar was, het sy dood aan die kruis nie vir my en jou sonde boete gedoen nie.
Die waarheid is dat, omdat Jesus bonatuurlik in Maria verwek is, was Hy ten volle God, en tog ook ten volle mens. Jesus het gesê: "... want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe” (Johannes 8:24). Met ander woorde, "as julle nie glo dat Ek God is nie, is julle nie regtig gelowiges nie."
EK IS, is God se eie stelling oor Homself. Toe Moses wou weet wat om te sê as mense hom sou vra wie hom gestuur het, het God geantwoord: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur” (Eksodus 3:14).
Dis hoekom die maagdelike geboorte so 'n belangrike feit is. Christus is nie God omdat Hy maagdelik gebore is nie; Hy is maagdelik gebore omdat Hy God is.
Kopiereg © 2011 deurHarvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More