Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
God Is By Ons
Immanuel: God is by ons — God het na ons toe gekom. Wat 'n verbysterende gedagte. Dit is werklik die kern van die Christelike geloof en die Christelike lewenswandel. Alle ander gelowe sê dat jy iets moet doen: doen dit, en jy sal innerlike vrede ondervind ... doen dat en jy sal sielstevredenheid bereik ... maak so en dalk sal jy in die hemel kom. Die Christelike geloof sê egter dit ís gedoen — gedoen vir jou, aan die kruis, betaal met die bloed van Jesus Christus.
Om 'n Christen te wees, behels nie net om 'n geloofsbelydenis te volg nie; dit behels om Christus self in en deur jou te laat leef — wat jou dan die krag gee om die man of vrou te wees waarvoor Hy jou geroep het. Jesus het gesê: "... En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld" (Matteus 28:20) en ook "... Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie" (Hebreërs 13:5).
Die boodskap van Kersfees is dat God by ons is. Dit is belangrik om te weet, veral wanneer ons deur moeilike tye gaan. Die psalmdigter het gesê: "Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas" (Psalm 139:9-10). Dis wonderlik om te weet dat God by jou is, oral waar jy gaan.
Die Bybel leer ons nie dat Christene se lewens sonder probleme sal wees nie. Die Bybel leer ons wel dat ons nooit alleen sal wees nie. Daarom hoef ons nooit bang te wees nie. Ray Stedman het die volgende gesê: "Die mees kenmerkende eienskap van 'n Christen behoort die afwesigheid van vrees en die aanwesigheid van vreugde te wees."
Dit is die boodskap wat hierdie sondige wêreld behoort te hoor: Immanuel — God is by ons.
Copyright © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More