Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld
Kom ons Aanbid
Die woord "Kersfees" is gestroop van sy betekenis, deur die modder gesleep en aan ons teruggegee, sonder die aanvanklike krag. Party mense gebruik hierdie tyd van die jaar eerder die polities-korrekte benamings "lekker vakansie", "gelukkige krismis" of "heerlike somersonstilstand". Ek dink dis nie so erg as die persoon wat "Geseënde Kersfees" sê, sonder om te weet wat Kersfees regtig beteken nie.
Ek dink ons moet daardie soort Kersfees, wat met eindelose aktiwiteite gevul is en 'n mens uitput, daardie weergawe wat min of geen gedagte oor Christus koester nie, net eenvoudig kanselleer. Ons moet eerder die geboorte van Jesus Christus vier. Ek glo nog steeds in Kersfees, maar nie in die vakansiedag soos wat ons kultuur dit voorhou nie. Ek glo in die ware boodskap van Kersfees, wat die geboorte van die Here is.
Dalk berei jy jouself vir 'n moeilike Kersfees voor. Dalk dink jy nie Kersfees sal so lekker wees soos vorige jare nie. Hoe sou dit egter wees as hierdie Kersfees beter is as al die ander wat jy al beleef het, omdat jy bevry is van die druk om goeters te kry? Dit kan waarlik 'n goeie Kersfees wees. Dit kan werklik die wonderlikste Kersfees van jou lewe wees.
Die belangrikste boodskap van Kersfees is dat God by ons is. Jesaja 7:14 sê: "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem." Immanuel beteken "God is by ons".
Die boodskap van hierdie tyd is dus nie "kom ons braai" of "kom ons gaan koop geskenke" nie. Die ware boodskap van Kersfees is "kom ons aanbid." Dis waarvoor die wyse manne gekom het. Dis wat ons ook behoort te doen.
Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.
More