Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 3 VAN 25

Die Belofte van Kersfees

Ek het nog altyd in die belofte van Kersfees geglo. Daar is iets baie spesiaals, wonderliks en selfs magies aan hierdie tyd van die jaar. Dit neem my terug na my vroegste herinneringe as kind.

Tydens Kersfees het ons 'n gevoel van verwondering, prag en afwagting. Ons sien uit daarna om saam met geliefdes, familie en vriende te wees, en baie lekker kos te eet. Dit is 'n wonderlike tyd van die jaar. Dit is ook 'n tyd wat meestal gekenmerk word deur die afwesigheid van kwaadwilligheid. Mense sal met mekaar vriendelik wees; selfs met vreemdelinge.

Tog is daar 'n vraag: gee Kersfees regtig wat dit belowe? Soms wel — 'n klein bietjie hier en daar. Meestal is dit egter nie so nie. Dit bring eerder 'n klomp moeilikhede. As jy 'n man is, kan jou bloeddruk in hierdie tyd geweldig styg. 'n Studie wat deur 'n Britse sielkundige gedoen is, het gevind dat Kersinkopies eintlik vir 'n man se gesondheid baie gevaarlik is, omdat dit sy bloeddruk kan laat styg. Dieselfde studie het getoon dat vroue se bloeddruk nie deur die tradisionele Kersinkopies beïnvloed word nie.

Hoe lyk Kersfees op sy slegste? Dit is 'n ongevoelige, kommersiële, leë, uitputtende en baie duur gebeurtenis wat vir maande kan voortduur. Hoe lyk Kersfees op sy beste? Dit is 'n kykie na iets wat op pad is: die prag ... die wonderlike musiek ... die oulike engeltjies ... die liefde ... die toegeneentheid ... die belofte ... die hoop. Kersfees kom maar eintlik neer op 'n belofte. Dis 'n belofte van dít wat nog gaan gebeur.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org