Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 2 VAN 25

Eenvoudig Toegedraai

Sommige mense sal moeite doen om 'n Kersgeskenk toe te draai. Hulle sal mooi versierde pakkies maak. Ek het nie sulke vaardighede nie. My toegedraaide geskenke lyk glad nie mooi nie. Geskenkpapier is vir mans net 'n onnodige hindernis, wat hulle weghou van iets wat hulle graag wil hê. Geskenkpapier maak nie vir hulle saak nie. Hulle wil net weet wat binne-in die pakkie is.

Ons het nie God se geskenk in pragtig-versierde geskenkpapier ontvang nie; dit het op 'n eenvoudige manier gekom. Jesus is gebore in Betlehem, 'n baie nederige omgewing. Dink maar hoe moeilik die reis van Nasaret tot by Betlehem vir Maria en Josef was. Toe hulle daar aankom, moes hulle in 'n klein stal of grot oorbly, waar daar diere aangehou is. Die krip was maar net 'n voertrog vir die diere. Ek dink ook daardie plek was nogal koud gedurende die nag. Dit het seker ook net soos enige ander stal geruik. Dit was nie 'n skoon omgewing om 'n kindjie in die wêreld in te bring nie.

Ek stel dit nie so om afbreek te doen aan die wonder van Kersfees nie. Ek sê dit eerder om by te dra tot die wonder van wat God vir ons gedoen het. Die Skepper van die heelal, die almagtige God wat die skepping met 'n woord tot stand gebring het, het met sy koms Homself verneder om as 'n klein babatjie in 'n stal in Betlehem gebore te word.

Hy is nie in satynlakens in die krip toegedraai nie, maar in doeke. Hy is nie in 'n goue bababedjie, soos bedoel vir 'n koning, neergelê nie, maar in 'n voertrog vir diere. Daar was Hy — die grootste geskenk van alle tye — eenvoudig toegedraai. Jesus het sy plek in 'n krip ingeneem, sodat ons 'n hemelse woning kan hê.

Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoordenkings, waar hy die ware betekenis van die mees gevierde tyd van die jaar oordink. "Harvest Ministries" met Greg Laurie.

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org