God se HartklopVoorbeeld
![The Heartbeat of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1244%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
MAGTIGE KONING
Psalm 24: 7-8; 10
O Vader, U is die magtige Koning! Alle mag en krag behoort aan U. Die hemel behoort aan U; die aarde behoort aan U; en hulle is vol van u manjifieke teenwoordigheid! Gaan voort om my oë oop te maak en wys my u heerlikheid! Mag ek my verwonder aan al u goedheid soos U dit onthul in my lewe. Dis ongelooflik; u liefdevolle hart se begeerte is vir u heerlikheid om in my te woon en te regeer! O Vader, as ek dink aan die hemele ... wat is die mens dat U aan hom dink? En die seun van die mens dat U vir hom omgee ... tog het U hom met heerlikheid en majesteit gekroon! Ek bid net soos vuur uit die hemel neergedaal het en die pragtige tempel van ouds met u glorie gevul was, kom, asseblief, vul my! Magtige Koning, kom in! Dankie, Jesus, vir u opofferende liefde aan die kruis wat dit moontlik gemaak het! Maak dit my doel in die lewe om 'n wonderlike beeld van u lig te wees, sodat ander ook kan uitroep: "Wie is hierdie magtige Koning? ... Kom asseblief in, vul my!"
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
![The Heartbeat of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1244%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne
![Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3841%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper
![Gesprekke Met God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9143%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gesprekke Met God
![Om na God te Luister](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1763%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om na God te Luister
![Oorwinning Deur Middel Van Swakheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3594%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oorwinning Deur Middel Van Swakheid
![Kruis & Kroon](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11337%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Kruis & Kroon
![Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F8830%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie
![Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2592%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
![Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3334%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?
![Onverwags](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11641%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Onverwags
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)