God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 18 VAN 30

GROOT VERSOENER

2 Korintiërs 5:19

O Vader, U is die groot versoener! As gevolg van U onwrikbare liefde, het U my verlos van die duisternis en my na die koninkryk van u geliefde Seun gebring. Dankie dat U my na U toe trek met u liefde. U het genadiglik gekies om nie my oortredinge teen my te hou nie; in plaas daarvan was U hulle getrou weg. Dankie dat U u Seun se pleidooi gehoor en beantwoord het voor Hy na die kruis gegaan het:"Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees." As gevolg van die kruis is ek nou 'n nuwe skepsel in Christus. Leef en regeer in my, o Vader. Mag u liefde my dring om ook 'n versoener te wees, om ander na u troon van wonderlike genade en vrede te bring.

© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewers

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com