God se HartklopVoorbeeld

VOORSIENER
Genesis 22:8
O Vader, U is die Voorsiener. U het genadiglik die ram in die bos geplaas in u tyd en op u manier! Vergewe my asseblief as ek u tydsberekening bevraagteken en u weë betwyfel. Herinner my dat U alles ten goede laat meewerk, vir dié wat U liefhet en volgens U besluit geroep is. O Vader, ek het U so lief! Ek wil hê dat u wil in my lewe geskied. Terwyl ek dus geduldig wag, sal ek ook gretig op die uitkyk wees. In hierdie stil plek van vertroue in U alleen, sal ek U uiteindelike voorsiening van u enigste Seun onthou, dié offerlam. O Jesus, U is die "ram in die bos!" Dankie, lieflike Verlosser, dat U my plek op die altaar ingeneem het. U het verlossing aan my siel gegee! O God, ek loof U; my geloof is versterk: as U u eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal U nie ook saam met Hom alles uit genade vir ons gee nie? Ja, U sal voorsiening maak vir al my behoeftes, in u perfekte tydsberekening en op u foutlose maniere! Dus: my siel, wag in stilte vir God, want my hoop kom van Hom. Dankie, Vader, vir u pragtige voorsiening in al my behoeftes.
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Gesprekke Met God

Om na God te Luister

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid

Kruis & Kroon

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?

Onverwags
