God se HartklopVoorbeeld
VREDE
Johannes 14:27
O Vader, U is vrede. Ek het daagliks nodig dat U in my siel sal lewe. Oor en oor kalmeer U my worstelende hart. Deur die spykerdeurboorde hande van Christus, maak U my rustig! Liewe Jesus, wanneer my hart weer ontsteld of bang word, help my om dan te onthou van en te reageer op u lieflike uitnodiging: "Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee." Help my om daagliks die bekommernisse van my eie skouers af te haal en te kies om aan u stem gehoorsaam te wees:"Neem My juk op en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart; en jy sal rus vind vir jou siel." O Vader, ek wil van U leer; ek is lief vir u sagte woorde, en hunker na u nederige leefwyse! Hier is my angstige gedagtes weer. Help my nou dat ek sal kies om met danksegging oor alles te bid, sodat ek u vrede, wat alle verstand te bowe gaan, kan kry! Ek het U lief, o God van vrede. Kom altyd en kalmeer en maak my siel rustig. Maak my soos 'n kind wat teen sy moeder rus. Ja, maak my gemoed soos die van 'n klein kindjie.
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More