God se HartklopVoorbeeld
EWIGE ROTS
Jesaja 26:3-4
O Vader, U is die ewige rots! U sal nie wankel nie; U sal nie verskuif word nie. Want wie is God, behalwe die Here? En wie is 'n rots, behalwe ons God? O Heilige Een, daar is niemand soos U nie! Ek kies om vir ewig op U te vertrou. U is my rots, my bergvesting en my redder, my God, my rots by wie ek skuil, my skild, my magtige redder, my veilige vesting. Dankie, Almagtige Een, dat U my wegsteek in die klipskeur sodat ek u heerlikheid wat verbygaan, kan aanskou. U, liefdevolle Here, is wonderskoon vir my! Hou my oë op U gevestig, sodat ek u Naam kan loof. En as my geloof wankel, en my hart afgemat word, lei my terug na die rots wat hoër as ek is. Want U is vir my 'n skuilplek en 'n sterk vesting teen die vyand. Ja, by U is ek veilig en geborge. Hou my in u teenwoordigheid sodat ek my huis op hierdie rots kan bou. Deur U, o God van my lewe, sal ek nie wankel nie, sal ek nie verskuif word nie.
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More