God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 27 VAN 30

VREUGDE

Psalm 16:11

O Vader, U is my vreugde! U vul my hart met gejubel; U vul my siel met 'n lied. Dankie dat U kom sodat ek die lewe kan hê en dit oorvloedig kan hê. Dankie dat U met my deur u Woord praat sodat u vreugde in my kan wees, en dat my blydskap volkome kan wees. Vader, help my om met niks minder as alles wat U is, tevrede te wees nie! Dankie vir u uitermatige oorvloed. Ek verlustig my in U. Om te dink, U verlustig U in my ... hoe kosbaar is u gedagtes oor my, o God! Hoe onmeetlik is die somtotaal ... Al sien ek U nie, het ek U lief en glo ek in U; en ek verbly my met onuitspreeklike vreugde! U liefde vervul my oorvloediglik, en 'n fontein van lofprysing vloei uit my hart. Soete Verlosser, daar is niemand soos U nie! Want U is my hulp. Ek sal jubel in die skadu van u vlerke. Ja, ek leef en ek het lief as gevolg van U.

© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewer

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com