God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 29 VAN 30

REDDING

Jesaja 12:2

O Vader, U is my redder! My hart wag met dringendheid op u woorde van lewe; my siel smag na u dade van liefde. Ek roep weer eens na U: "Red my, o God, want die waters bedreig my lewe. Ek het diep in die modder weggesink, waar daar geen vastrapplek is nie; ek het in diepe waters beland, en 'n vloed oorweldig my. Ek is moeg gehuil; my keel is kurkdroog; my oë faal my terwyl ek op my God wag." O soete Verlosser, help my om U te onthou ... u sterkte, u krag, u mag, u liefde. Laat dit die koorde wees wat my uit die onstuimige golwe van my vrees, verwarring, twyfel en my ontsteltenis trek. Ja, o Vader, word asseblief weer my sterkte, my lied en my redding! My geloof is so klein soos 'n mosterdsaad, o Vader; dankie dat U niks meer as dit vra nie. Deur u onfeilbare liefde, kan ek alreeds aan hierdie woorde van hoop vashou: "Van bo af het Hy sy hand uitgesteek en my gegryp; uit diep waters het Hy my uitgetrek, Hy het my van magtige vyande verlos. Die Here hou my staande. Hy het my na 'n oop ruimte uitgelei; Hy het my gered omdat Hy my liefhet." Ja, binnekort sal my hart en my siel weer sing: "Hy het my redding geword."

© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewers

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com