God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 28 VAN 30

VAANDEL

Eksodus 17:15

O Vader, U is my vaandel! Dankie vir u teenwoordigheid, dankie vir u krag. Ek kan niks sonder U doen nie; maar ek kan alle dinge deur U doen! Hou u vaandel hoog oor my, o Here! Lig u aangesig na my, laat u aangesig oor my skyn, gee my u vrede. Ek verlang om u wil te doen, o Here; hou my onder u vleuel. In hierdie snoesige plek sal ek jubel omdat liefde u vaandel oor my is! Ja, U het u vaandel hoog opgehef sodat ek u liefde kon kry. Dankie, Jesus, vir die kruis, die vaandel wat vir my opgelig is sodat ek dit kan sien. My oë is vasgenael op U, my Verlosser. Deur U kan ek hierdie lewe voor my aandurf. Met vertroue in U sal ek die goeie stryd van die geloof stry; en deur u krag wat in my werk, sal ek hierdie stryd wen! In alles sal ek oorweldigend deur U, die een wat My liefhet, oorwinning behaal. Vader, U is my redding; U is my oorwinning; U is my vaandel.

© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewers

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com