God se HartklopVoorbeeld
VOORTREFLIK
Job 38:12
O Vader, U is voortreflik — voortreflik in skoonheid, uitnemend in krag. Ek sien u heerlikheid in die gereelde opkoms van die son dis soos 'n bruidegom wat uit sy kamer kom, dit juig soos 'n sterk man wat sy gang gaan. Ek sien u luister in die glansryke kleure van die reënboog, 'n tydlose wonder van u stralende teenwoordigheid. Ek sien u krag wanneer Udie stoorkamers van sneeu oopmaak, om die aarde met 'n vreedsame reinheid te bedek. O, hoe voortreflik is u handewerk, o God! Ek hoor die weergalose melodie van die oggendvoëls; ek hoor hoe bome in die veld hul hande klap; ek sien hoe die magtige golwe in die see breek en ek voel die sagte fluistering van die wind. U hele skepping bring dank aan U en loof u heilige Naam! Dan oordink ek u mees voortreflike kunswerk — die diepgaande teenstrydigheid: Jesus, Koning van alle konings, wat in 'n krip lê, in doeke toegedraai. Skoonheid en krag, nederigheid en genade ... engele wat sing, konings wat neerbuig, herders wat bly is, en my hart verkondig: "Voortreflik."
© Chris Baxter 2014 — Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More