God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 23 VAN 30

LEWENDE WATER

Jesaja 55:1

O Vader, U is die lewende water! My siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en droë land waar daar geen water te vinde is nie. Daar is niks op hierdie aarde wat die diepe verlangens van my hart bevredig nie; U het my geskape om na U te verlang! Hemelse Vader, ek loof U! U het belowe om die verdrukte en behoeftige self te antwoord deur te sê: "Ek sal riviere op hoë bergpieke laat ontspring en fonteine in die valleie laat uitborrel. Ek sal die woestyn in 'n poel water verander en die droë grond in fonteine." O Vader, my siel is vanweë u Seun, Jesus Christus, versadig. Hy is die weg, die waarheid en die lewe. Deur Hom, kan ek my in oorvloed verlustig! Help my om daagliks op u uitnodiging, "Kom ... " te reageer. Help my om daagliks aandagtig na U te luister sodat ek werklik kan lewe. Dankie, Jesus, vir die belofte in u woorde van waarheid "Elkeen wat van die water drink wat Ek hom sal gee ... sal in hom 'n fontein van water hê wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee." Jesus, hoor elke dag my wanhopige hartsroep: "Gee my van hierdie water!" Kom weer vandag, vul my volkome; vul my in oorvloed.

© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewers

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com