God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 22 VAN 30

ALFA EN OMEGA

Die Openbaring 1:8

O Vader, U is die Alfa en Omega — die begin en die einde. U is die "boekstutte van die lewe" en U het elke lyn van elke bladsy van elke hoofstuk in die verhaal van die verlede, hede en toekoms geskryf! Alle wysheid en mag behoort aan U; U verander die tye en omstandighede; U verwyder konings en stel konings aan ... tot U, o God van my voorvaders, bring ek dank en lof! Soos u verhaal ontvou, verbly dit my hart. Ek sien hoe U, Heilige God, 'n sondige, hardnekkige volk met u liefde agtervolg, wat uiteindelik by die kruis bewys is — u plan, die hoogtepunt van u storie! O God van alle tye, U het my met hierdie liefde van U verower. Hou my naby aan U. Ek wil hê dat U die Alfa en Omega van my dae op hierdie aarde moet wees. Ek bid dat U my geloof sal versterk wanneer ek nie u pad vir my lewe verstaan ​​nie; want wat U doen is hoër as wat ek doen, en u gedagtes hoër as my gedagtes. Maar ek vertrou op U. Laat my verhaal soos u s'n wees, ongeag my huidige omstandighede. Bly in my — van die oggend tot die aand, sodat ek ook mense met u ewige liefde kan verower.

© Chris Baxter 2014 —  Clear Day Uitgewers

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com