God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 21 VAN 30

ERFDEEL

Psalm 73: 25-26

O Vader, U is my erfdeel vir ewig! U gee in oorvloed; U bevredig geheel en al. Niks op hierdie aarde vergelyk met U nie. U woorde aan my hart is meer begeerlik as goud, ja, meer as baie fyn goud; ook soeter as heuning en die afdrupsels van 'n heuningkoek. O Vader, hou my naby aan U. Vul my voortdurend met u krag en u beloftes. Laat my niks van U weerhou of dit "myne" noem nie. Ek gee aan U my swakheid; ek gee aan U my hartseer; ek gee aan U myself. O Vader, my Vader, hoe genadiglik neem U dit van my as 'n offer! In plaas van skande sal ek 'n dubbele erfdeel hê ... en ewige vreugde sal myne wees! Ek loof U; ek dank U; ek lig my hande omhoog! Hoe kosbaar is u liefdevolle goedhartigheid, O Vader! Ek voel veilig in die skaduwee van u vlerke. Ek drink my vol van die oorvloed van u huis. U laat my drink van die rivier van u vreugde. Want by U is die fontein van die lewe. Ja, my hart sing: "U is my erfdeel vir ewig!"

© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewers

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com