God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 16 VAN 30

WOORD

Johannes 1:1

O Vader, U is die Woord. Van die begin van tyd af het u woorde lig en lewe gebring. U spreek, en dit sal sekerlik gebeur; U beveel, en dit sal sekerlik tot stand kom. Die stem van die Here is op die waters; die God van heerlikheid bulder. Die stem van die Here is kragtig, die stem van die Here is majestueus. O, kragtige en luisterryke God, om te dink dat U, die Woord, vlees geword en onder ons kom bly het. U het die lig en die lewe aan mense gebring! Ek is verheug omdat my hart en verstand deur u Woord, Jesus Christus, vasgevang is! Dankie dat U die lewende en aktiewe Woord op hierdie aarde geword het. Help my om in u voetstappe te volg, sodat ek van u weë kan leer. O, dat ek U kan ken! Ek dank U nederig dat ek vandag die Woord van die lewe in my hande kan hou; help my om dit in my hart te hou! Jesus, my Verlosser en my vriend, ek prys U dat u woorde, wat skerper is as enige tweesnydende swaard, tot my spreek. Hou aan om my hart te deurboor met u stem van lig, lewe en liefde! Ek weet en glo: die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. Ek verlang na u Woord; Ek het u Woord nodig.

© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com