God se HartklopVoorbeeld
KRAG EN 'N LIED
Eksodus 15:2
O Vader, U is my krag en lied! Ek kan nie sonder U lewe nie; U is die hartklop van my lewe — die asem wat ek inasem. Laat my diep inasem, o God, diep in u wonders in, diep in u liefde in. Hou aan om my oë te open vir die rykdom van u glorieryke erfenis in die geheiligdes en in die grootheid van u krag wat U aan diegene gee wat glo. Liewe Jesus, ek glo! Ek wil U nederig dank omdat ek versterk word met krag deur u Gees wat in my is! Nogmaals dank ek U met my hele hart:"Ek is lief vir U, o Here, my krag ... Want U het my lamp aangesteek, die Here my God verlig my duisternis. Want deur U kan ek 'n bende stormloop, en deur my God kan ek oor 'n muur spring ... " Ja, ek wil sing: "Ek is lief vir U, o Here, my krag!" Dankie Vader, dat U u liefde uitstort in my hart deur die Heilige Gees; U liefde bly in my. Ek dank U, en ek loof U! Want u liefde het my krag en lied geword.
© Chris Baxter 2014 - Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More