God se HartklopVoorbeeld
GOD SE GOEDHEID
Psalm 27: 4
O Vader, U is goed. Ek loof U; ek hef my hande omhoog; Ek is lief vir U. Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek sien u skoonheid in die heiligdom van u hemele ... Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Hoe wonderlik is u handewerk, o Vader. Ek voel ook u skoonheid in my binneste. Ek is oorweldig deur u goedheid en guns. Ja, U is die kosbare Een vir my. U diepgaande liefde maak dat ek 'n roos tussen die dorings is. Dankie, my lieflike Verlosser. U versterk my; U maak alle dinge nuut. Hou aan om my nuut te maak, o kosbare Een. Maak my 'n stralende weerspieëling van wie U is, sodat ek ook al die dae van my lewe u goedheid en guns aan ander kan gee.
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More