God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 13 VAN 30

GOD VAN GENADE

Lukas 15:20

O Vader, U is die God van genade! U ken die toestand van die mens se hart: dat dit meer bedrieglik is as enigiets anders en sieklik is; wie kan dit verstaan? U, o Vader, sien ons, en U red ons! Ek juig! U is genadig en barmhartig en as gevolg van u groot liefde waarmee U my liefgehad het, het U my saam met Christus lewend gemaak toe ek nog dood was in my oortredinge ... deur genade is ek gered, deur geloof! Om te dink dat ek guns in u oë gevind het; en dat U, my Koning, u septer vir my uitgesteek het! Watter soort liefde is dit?! Ek wil hê dat my lewe 'n lewe van dankbaarheid sal wees as gevolg van u groot genade en guns. Trek my nader, o Vader, want ek is so geneig om te dwaal. Deurgrond my, o Vader, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Dankie dat U my altyd vashou. In u arms sal ek vir ewig van u liefde en trou sing!

© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com