God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 12 VAN 30

VEILIGE VESTING

Psalm 59:16

O Vader, U is my veilige vesting! Niks kan my siel aanraak vanweë U nie. U omring my met u liefde; U beskerm my met u krag. Niks is te moeilik vir U nie ... Beskerm my soos die appel van u oog. Verberg my in die skaduwee van u vlerke. Daar is ek heeltemal veilig; daar is ek baie veilig; daar sal ek jubel! Selfs al kom uiteenlopende omstandighede oor my, sal ek verkondig: "Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug." Vader, ek vertrou U. Ek het U nodig. Ek dank U. Selfs wanneer ek swak is, is ek sterk vanweë U! Vanweë U sal ek rus; vanweë U sal ek sing. My veilige vesting, ek wil psalmsing tot eer van U, want God is my veilige vesting, die God wat wonderlike trou betoon.

© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com