MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 9 VAN 31

Wanneer ons na Jesus se lewe kyk, kan ons sonder twyfel sê dat Hy 'n dienaar was. Of dit was om sy dissipels se voete te was, of om vir mense te sorg wat hulp nodig gehad het — Jesus het daarop gefokus om ander te dien. 

God wil hê dat ons Jesus se voorbeeld volg deur die wêreld om ons te dien. Wanneer ons ander dien, gee ons iemand anders 'n geleentheid om Jesus se liefde te ervaar en ander om húlle te begin dien. 

Hierdie rimpeleffek sal families, skole en stede herskep. Ons sal saam God se koninkryk sien uitbrei op maniere wat ons ons nie kan indink nie. 

Wanneer ons dien, verteenwoordig ons nie net vir Jesus nie, maar nooi ook mense uit om Hom te ontvang. Dankie Vader, dat U ons gekies het om deel van u sending te wees!

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/