MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

In Johannes 13 is Jesus 'n toonbeeld van diensbaarheid toe Hy die dissipels se voete was. Die grootste les wat ons van Jesus leer is nie sy bereidwilligheid om te dien nie, maar sy bewustheid om die nood raak te sien.
Hy het die dissipels se behoefte raakgesien omdat Hy 'n ingesteldheid gehad het om mense te dien. Jesus het ons geleer hoe om ander mense se nood raak te sien sodat ons hulle in nederigheid kan dien.
God verander ons hart wanneer ons kies om mense se behoeftes bo ons eie begeertes te stel. Wanneer ons nie net vir onsself leef nie, sal God altyd vir ons meer teruggee as wat ons gegee het.
Dit kan iets kleins wees soos om vir iemand se koffie te betaal, 'n deur vir iemand oop te maak of iemand vir ete te nooi. Kom ons bid en vra vir Jesus om ons 'n bewustheid en gewillige hart te gee om ander te dien.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

Staan weer op
