MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
'n Aktiewe geloofslewe vereis toewyding. Dit vereis toewyding om God met jou tyd, energie en op elke terrein van jou lewe te volg. Hierdie toewyding is die moeite werd!
Wees volkome toegewyd om Jesus jou hele lewe lank te volg; jy sal nooit weet hoe groot die invloed sal wees wat jy kan uitoefen nie. Wanneer dit jou vreugde verskaf om Jesus te volg en vir Hom te leef, hoef jy nie bekommerd te wees oor die resultate nie. Jy sal aan die einde van jou lewe kom en 'n leeftyd se resultate sien. Om aktief te leef draai nie net om jou of die mense wat oor jou pad kom nie. Dit behels meer, want jy het 'n invloed op ander mense en hulle lewe beïnvloed weer ander.
'n Aktiewe geloofslewe lei tot meer as wat jy gedink het moontlik is, want God sal die resultate van jou lewe vermenigvuldig. Die laaste maand het jy geleer hoe jy ander mense deur jou lewe kan beïnvloed. Jy kan die wêreld beïnvloed. Die klein dingetjies wat jy elke dag doen is nie klein nie, want die invloed van elke klein dingetjie is soveel groter!
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More