MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Het iemand al ooit vir jou of 'n vriend gesê: "Jy moet net meer geloof hê"? Mense sê dit dikwels sonder om enige instruksie te gee oor hoe om werklik jou geloof te bou. Ons wens dikwels om te kan groei. Ons wil 'n sterk geloof hê, maar ons is egter nie toegerus met die hulpmiddels wat ons nodig het nie.
Die goeie nuus is dat geloof nie iets is wat ons op ons eie kan kry nie. God wil ons help om die geloof te kry wat ons nodig het. Dit maak nie saak wat voor ons, om ons of agter ons is nie; God is gewillig om ons by te staan en alles te gee wat ons nodig het.
Om ons geloof te kan versterk, moet ons eerstens besef dat dit op 'n fondament van vertroue berus. God wil graag in 'n verhouding met ons wees. Hy sien elke besonderheid van ons lewens en wil graag by alles betrokke wees. Om God dus te kan vertrou, moet ons eers 'n verhouding met Hom hê. Ons sal nooit 'n vreemdeling vertrou nie. Ons vertrou egter ons vriende omdat hulle oor 'n lang tyd getrou was. Dis ook so met ons verhouding met God. Hoe meer tyd ons in sy teenwoordigheid deurbring, hoe makliker is dit om Hom te vertrou. Soos ons vertroue in God ontwikkel, sal ons geloof versterk word.
Om te doen wat ons nie dink ons kan doen nie, beteken dat ons geloof moet hê in dit wat ons nog nie kan sien nie. Hierdie soort geloof kan net van God af kom, dus moet ons voortdurend tyd saam met Hom in gebed, aanbidding en in sy Woord deurbring.
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More