MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

Ons begin nou met die laaste drie dae van hierdie oordenking. Dis belangrik dat ons gesels oor hoe om ons geloof prakties uit te leef en Jesus vir altyd lief te hê.
God wil nie hê dat jy jou geloof wegsteek of onaktief hou nie. Hy het jou geloof geskep om prakties uitgeleef te word en 'n uitdrukking van sy liefde vir die wêreld te wees. Ons kan verskeie praktiese dinge doen as grondslag vir ons verhouding met God.
Dit sluit onder andere die volgende in: word 'n lidmaat van 'n kerk; gee God die eerste deel van jou week; laat jou doop as bewys van jou verbondenheid aan Jesus; praat met 'n kerkleier oor wat God in jou lewe doen; word deel van 'n selgroep; begin van diens wees in die kerk wat jy bywoon.
As jy hierdie praktiese dinge doen, volg jy die voorbeeld van Jesus en nooi jy God uit om nog meer in jou lewe te doen. Jy sal verbaas wees hoe jou lewe aanhou verbeter! God het altyd meer vir jou as wat jy jou kan indink!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

Staan weer op
