MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 26 VAN 31

In 1519 het Hernan Cortés en 600 soldate die Nuwe Wêreld bereik. Hulle het oor die Atlantiese Oseaan gereis om die Amerikas te verower. Direk na sy troepe daar aangekom het, het hy hulle beveel om hulle skepe te verbrand. Alhoewel hierdie opdrag radikaal voorgekom het, het Cortés een belangrike beginsel verstaan: om vorentoe te gaan moet jy vergeet wat jy agterlaat. Om terug te gaan is nie 'n opsie nie!

Die apostel Paulus skryf in Filippense 3 oor hierdie selfde waarheid. Hy erken openlik dat hy nie perfek is nie, maar hy belowe een ding: hy beweeg vorentoe en draai nie terug nie. Sy fokus was voor hom en nie agter hom nie. Elkeen van ons het sonde, stryde en foute van die verlede wat ons gaan probeer terughou. Net soos Paulus moet ons vergeet wat agter ons is en fokus op wat voorlê. Om alles voluit te doen beteken nie dat ons alles reg gaan doen nie. Dit beteken om altyd vorentoe te beweeg.

Gaan voluit wat jou tyd saam met God betref. Moenie probeer om die hele Bybel te lees of vir lang tye aanmekaar te bid nie, streef daarna om eenvoudig net tyd saam met God deur te bring. Gaan voluit met jou vriendskappe. Vind vriende wat jou sal aanmoedig om nader aan God te kom en nie van Hom af weghou nie. Laastens, gaan voluit met jou leierskap. Vind een persoon in jou lewe wat jy kan liefhê, drukkies kan gee, Jesus mee kan deel of 'n vriendskap mee kan bou en kyk wat God gaan doen.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/