MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 27 VAN 31

Ons moet teenstand verwag wanneer ons besluit om Jesus voluit te volg. As die vyand ons nie uit die hemel uit kan hou nie, sal hy enigiets doen om ons daarvan te weerhou om effektief te wees hier op aarde. Hy gebruik taktieke soos vrees om te keer dat ons 'n aktiewe geloofslewe handhaaf. 

Dis miskien die vrees dat ons gaan misluk, iets misloop, vrees vir die toekoms, dood of oorgawe. Ongeag in watter vorm dit kom, het dit dieselfde uitkoms. Elke keer as ons vrees toelaat om wortel te skiet, probeer dit ons verlam. 

Jesus het vrees beleef voor hy na die kruis gegaan het. Hy het geweet waartoe sy Vader Hom geroep het, maar dit het 'n groot opoffering vereis. Jesus het 'n besluit geneem om God te vertrou ongeag sy omstandighede.

Sy verhouding met God het Hom in staat gestel om die angs van die kruis te verduur, sodat ons die geskenk van die ewige lewe kan kry. God sal altyd ons opoffering neem en meer terug gee as wat ons kan dink. Wanneer ons oorweldig voel, moet ons kies om Jesus se voorbeeld van nederigheid te volg en om elke keer te onthou dat God Homself getrou bewys. 

Sy teenwoordigheid is ons toevlug en perfekte plek van veiligheid. Wanneer ons in ons nood na Hom toe gaan, verdryf sy liefde alle vrees. Hoe meer tyd ons saam met Hom deurbring, hoe meer sal ons sy Woord begin vertrou. Dit waarmee die vyand ons wou verlam, sal God gebruik om ons vorentoe te laat beweeg. Ons God is altyd getrou! Sy beloftes is altyd waar. 

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/