MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

Die laaste maand het ons op die boodskap in Efesiërs 2:10 gefokus: ons behoort aan God en is geskep om 'n aktiewe geloofslewe te lei. Die genade en liefde van God bemagtig ons, dring ons en versterk ons.
Ons redding as Christene motiveer ons om 'n lewe van geloof te lei en die mense om ons lief te hê. Ons verlossing van sonde en aanvaarding van God, dring ons om ander van Hom te vertel. Ons geloof kom in aksie as 'n natuurlike reaksie op die bonatuurlike liefde van God.
Al gee God ons nooit weer enige geskenk nie, seën Hy ons deur die bloed van sy Seun, Jesus. Daardie seëning behoort ons te motiveer om ons geloof elke dag uit te leef.
Jy kan ander seën en help as gevolg van die oorvloedige seën wat jy van God ontvang het. Wees vrygewig. Leef elke dag jou geloof uit en kyk wat gebeur! As jy jou geloof in aksie oorsit, sal jou lewe God verheerlik en sal jy lewens om jou sien verander.
Aangaande hierdie leesplan

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op
