MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 24 VAN 31

Het jy al ooit gevoel dat jy te veel van iemand vra? Dalk het jy gevoel jy is 'n las vir iemand — jy vra te veel — te veel liefde, aandag en selfs geleenthede. Wel, ek het goeie nuus; jy is nooit 'n las vir God nie en Hy wil eintlik baie graag hê dat ons Hom vir MEER vra.

Die Woord van God vertel vir ons van 'n man genaamd Jabes, wat die krag van gebed verstaan het. Hy het nie net vir God gevra om hom te seën nie, maar ook om sy grondgebied te vergroot en hom meer verantwoordelikheid te gee. 

Jabes het geweet dat hy nie op sy eie kon doen waarvoor God hom geskep het nie, dus het hy God gevra om met hom te wees in alles wat hy doen. Dan lees ons dat God laat gebeur het wat hy gevra het! Hoe wonderlik is dit dat God vir ons meer wil gee ... al wat ons moet doen is om te vra!

As gevolg van die lewensverandering wat ons deur Jesus ervaar, word ons bemagtig om ons vriende en familie nader aan Christus te bring. God rus ons toe om ons lewe te leef, so kom ons wees vol moed en vra Hom vir meer en glo dat Hy dit vir ons sal gee. Dan sal ons beter kan leef as wat ons dink ons kan en die wêreld om ons vir God beïnvloed.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/