MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Het jy al ooit 'n verwagting gehad wat toe nooit gebeur het nie? Dalk het jy iemand vertrou maar is verraai. Dalk het jy gedink jou gehoorsaamheid sal 'n seën wees, maar jy ervaar net pyn. Dalk het jy die verwagting gehad dat iets 'n eenmalige ding sou wees, maar dit het in 'n bose kringloop verander waaruit jy nie kan ontsnap nie?
Onvervulde verwagtinge lei altyd tot teleurstelling. Dikwels verwag ons dat God op 'n sekere manier sal optree. Ons bid vir genesing, maar ons moet nogtans 'n geliefde begrawe. Ons vra God om ons gesin te beskerm, maar ons ouers gaan nogtans skei.
Ons onvervulde verwagtinge lei ons in die versoeking om God te betwyfel en te glo dat ons mislei is. In hierdie oomblikke moet ons versigtig wees om God nie met ons eie begrip te beperk nie. Ons moet kies om te onthou wie Hy is. Hy is betroubaar en al sy beloftes is waar.
Ons God hoor elke gebed. Hy antwoord dalk nie altyd nie of reageer nie op 'n manier wat ons verwag het nie, maar sy manier is altyd die beste. Ons word dalk nie op aarde genees nie, maar ons God het die graf oorwin. Wat dus soos die dood gelyk het, was in werklikheid volkome genesing. Ons ouers se huwelik het dalk op die rotse geloop, maar God sal dit gebruik om ons gesin nader aan Hom te bring.
Die Here laat nie slegte dinge gebeur nie. God sal ons teleurstellings egter ten goede laat meewerk en tot sy eer gebruik. Ons moet verwag dat God namens ons sal werk, maar ons moet versigtig wees om Hom nie met ons verwagtinge te beperk nie.
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More