MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 22 VAN 31

Dit is opwindend om na te dink oor die feit dat God kies om ons te gebruik om te help om die wêreld te verander en 'n verskil te maak. Dit kan egter moeilik wees om dit te glo. 

Soms is ons self die grootste struikelblok in die verskil wat ons kan maak en die manier waarop God ons lewens gebruik. Ons weet dat God ons geskep het om 'n verskil te maak. Hy glo in ons en rus ons toe. Ons baseer egter dikwels ons vermoëns op dít waartoe ons sélf in staat is. 

Wees bemoedig! God gebruik 'n ander standaard. God sien nie ons tekortkominge as hindernisse nie, maar as 'n geleentheid vir sy teenwoordigheid om in ons lewens toe te neem. 

Wanneer ons kies om op God staat te maak, versterk Hy ons geloof en brei sy heerlikheid op aarde uit. Mense sien nie meer vir ons nie. Hulle sien God deur ons werk. 

Ons kan dit nie uit ons eie krag doen nie, maar God het dit ook nooit so bedoel nie. Wanneer ons onbekwaam voel, moet ons kies om ons perspektief te verskuif van óns vermoë na sy genoegsaamheid. God sal ons bemagtig om meer te doen as wat ons dink ons kan, terwyl ons op Hom vertrou. Hy sal die leuens in ons gedagte met die waarheid van sy Woord vervang.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/