MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld
Die laaste paar dae het ons tyd deurgebring deur te lees en God se droom vir die wêreld te ontdek. Hy wil hê dat elke persoon deur sy liefde opgewek word en ons speel 'n belangrike rol daarin.
Wanneer ons geen veranderinge in ons familie en vriende sien nie, is dit maklik om verslae te voel en toe te laat dat God se seën 'n las word. Hy het egter nooit bedoel dat ons hierdie soort druk moet ervaar nie. God het ons geskep om 'n verteenwoordiger van sy liefde te wees, maar net Hy kan 'n persoon se hart verander.
Dit lyk dalk of God nie aan die werk is nie maar ons moet onthou dat Hy altyd aan die werk is. Wanneer ons verslae voel, moet ons 'n keuse maak om naby aan Jesus te kom. Hy sal met ons praat en ons help. Hy sal ons krag gee wanneer ons terneergedruk en alleen voel. Jesus sal presies vir ons gee wat ons nodig het, as ons Hom vra.
Ons moet ons verhouding met Jesus koester, sodat ons Hom met ander kan deel. Waar ons ook al op hierdie geloofsreis is, nooi Hy ons altyd uit om Hom beter te leer ken. Ons grootste oorwinnings vloei uit die krag van ons verhouding met God.
Aangaande hierdie leesplan
'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef.
More