MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 20 VAN 31

Ontwaking is so 'n groot idee omdat die wêreld so groot is. Redding en die verandering wat God in jou lewe gebring het, was nooit net vir jou bedoel nie, maar om deur jou na ander oorgedra te word. Met tyd, as die een persoon dit na die ander oordra, sal God sien hoe die hele wêreld gered word. 

Dis die groot idee van jou lewe en die Christendom: dat elke persoon gered word. Die Bybel praat van Jesus wat die goeie herder is, wat die 99 skape wat Hy het, verlaat om die een te gaan vind wat verlore is. Op een of ander tyd was jy daardie een verlore skaap. Nou kan jy 'n rol speel om Hom te help om die volgende verlore een te vind. 

Ons leef op 'n ander manier omdat Jesus ons van die binnekant af verander het. Ons lewens handel nie meer net oor ons nie, maar ons lewe om God te dien deur ander te dien. Ons is God se vennote wat Hom help om al sy verlore mense te vind sodat hulle gered kan word. Ontwaking is vir die wêreld bedoel, want God het die hele wêreld baie lief!

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/