MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 19 VAN 31

God plaas 'n sekere groep mense in jou lewe vir 'n rede — om 'n invloed in hulle lewens te hê. God het jou gekies om die lewensveranderende boodskap van die evangelie oor te dra. Wat 'n eer. 

Dit maak nie saak hoe oud jy is of hoe lank jy al vir Jesus volg nie, jy het 'n inspraak. Die Woord van God bemagtig jong mense om 'n voorbeeld vir alle gelowiges te stel.

Toe jy Jesus in jou lewe aanvaar het, het die Heilige Gees jou voorspraak geword — Hy stap die heeldag saam met jou. Die Bybel sê dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in jou. Dit beteken dat jy dieselfde toegang, krag en mag het wat Jesus gehad het, om mense te bereik.  

Die Woord van God sê dat ons die oorwinning behaal deur die bloed van Jesus en die woord van ons getuienis. Wanneer ons ander vertel wat Jesus in ons lewens gedoen het, nooi dit die Heilige Gees uit om 'n ontwaking in hulle teweeg te bring.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/