MOTION X: 'n Aktiewe GeloofsleweVoorbeeld

MOTION X: Living In MOTION

DAG 18 VAN 31

Was jy al ooit verwonderd toe jy na hoogtepunte van 'n sportgeleentheid gekyk het? Het jy 'n fliek gesien wat jou laat huil het? Het 'n verhoogstuk jou geïnspireer?

Ons hou almal daarvan om na die hoogtepunte van die lewe te kyk, die triomfantlike oomblikke wat ons monde laat oophang. Ons kyk egter so dikwels die klein geleenthede mis wat tot groot oomblikke gelei het.

Dis baie dieselfde met ons geloof. Om te kan sien hoe God 'n ontwaking in ons leeftyd teweegbring, moet ons kies om die alledaagse oomblikke, wat niemand raaksien nie, te koester. 

Wat sal gebeur as ons elke dag bid dat God ons klasmaats en vriende red? Wat sal gebeur as ons mense om ons begin liefhê met Jesus se liefde, al verdien hulle dit nie? Wat sal gebeur as ons in ons plaaslike kerk begin dien, ongeag ons ouderdom? 

God gebruik hierdie geringe oomblikke om 'n invloed op die wêreld uit te oefen. Dis nie nodig dat ons God hoef te wees nie. Hy het net ons gehoorsaamheid en getrouheid nodig sodat Hy op 'n magtige manier deur ons kan werk. Ontwaking kom wanneer God se mense kies om Hom in selfs die geringste en alledaagse dinge te eer.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

MOTION X: Living In MOTION

'n Geslag van studente wat hulle geloof dag-vir-dag uitleef, sou die wêreld verander. "Living in MOTION" begin deur te leer hoe God jou geskep het, hoe om in leierskap te groei en te dien, en om die visie te sien wat God vir jou het om 'n verskil te maak. "Living in MOTION" is deur "Highlands Students" geskep. Hulle is die studentebediening van die "Church of the Highlands" en rus studente toe om elke dag vir Jesus te leef. 

More

Baie dankie aan Highlands Students wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://highlandsstudents.com/